All your news, books, recipes, hockey, entertainment and debate - in Afrikaans and free!


Al jou nuus - gratis en in Afrikaans! Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure en ons maak seker dat jy weet watter boeke om te lees, hoe om vanaand se kos gaar te maak en wie die rugby gaan wen. In ons Vermaak en Leefstyl-afdeling kan jy selfs uitsien na daai stories wat jou na jou asem gaan laat snak, jou tot trane gaan dryf of jou laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Ons meningvormers gesels kopstukke in Die Groot Debat en ons gee vir jou agtergrond oor gebeure in Nuuskommentaar.

Ons is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou 'n koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam.

Hierdie is ons Beta-weergawe – kom toets saam met ons en indien jy op enige kinkel in die kabel afkom, laat weet ons asseblief onmiddellik! Sonder jou bly ons app en ons hart gebroke.
Tags: Free download Maroela Media 5.1.7 apk app latest version for android

What's New

Tannie Sarie kan sommer so met die oog sien as ʼn skildery skeef hang en sy vra oom Awie om sommer vinnig die meubels ook reg te skuif voor skoonma kom kuier. Dan word die kombuiskaste ook sommer van bo tot onder geskrop en al die stof uit die hoekies gevee. Met dié nuwe weergawe van ons app het ons ʼn paar kreukels uitgestryk en ons glo selfs tannie Sarie gaan tevrede wees.
... Read more

Latest Version

Packagecom.telerik.MaroelaMedia
Version5.1.7 (5400)
Updated2019-11-18 (3 weeks ago)
Installs 100,000+
qr-code

Old versions

See more » See more »